- Diens: 2014-05-11 (Oggend)
- Prediker: Ds. Ronald Bain
- Skriflesing: 1 Korintiërs 11:17-34
- Teksvers: 1 Korintiërs 11:27; HK Sondag 28-30
Opname (Preek)
Preekskets
- Die nagmaalstryd van die Reformasie het gesentreer rondom die aard van Christus se teenwoordigheid by die nagmaal;
- Die Heidelberger het juis ontstaan n.a.v. die nagmaalstryd tussen die Lutherane en Gereformeerdes;
- Paulus vermaan die gemeente in Korinte om nie kinders in die verstand te wees nie;
- By die gemeente in Korinte was daar erge vergrype by die nagmaal;
- Die gemeente moet weet wat waardig en onwaardig by die nagmaal sou wees;
- Daarom moet die gemeente die liggaam van Christus onderskei;
- Christus se teenwoordigheid by die nagmaal is so werklik dat Hy sommige geoordeel het;
- Daarom vereis die Woord dat ons onsself moet beoordeel;
- Die egte teenwoordigheid van Christus by die nagmaal deur sy Gees bepaal ons belydenis oor die nagmaal;
Dit troos die berouvolle gelowige dat Christus waarlik in gemeenskap met ons tree aan sy tafel.