Belydenis word deur die Vader aan ons gegee

  • Diens: 2014-05-04 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matteus 16:13-23
  • Teksvers: Matteus 16:13-23

Preekskets

Die Roomse kerk meen natuurlik dat die rots waarop die Here sy kerk bou die Apostel Petrus is met al sy opvolgers. Hierdie uitgangspunt dat Petrus die rots van die kerk is en nie die belydenis van Petrus nie, was 'n radikale wegbeweeg van die wyse waarop die kerk tot die kennis van die waarheid kom. Dit het uiteindelik veroorsaak dat die kerk gesag begin kry het oor die waarheid. Wanneer die kerklike vergaderings 'n standpunt gehuldig het was dit gelykstaande aan die openbaring. Sodoende het die Roomse kerk in die vaarwaters gekom van kerklike proklamasies en verklarings oor die waarheid. Dit het natuurlik op sy beurt veroorsaak dat die Roomse kerk al hoe dieper weggesak het in 'n teologie wat nie meer God se volstrekte genade erken het nie. Die Roomse kerk wat die leer oor die volstrekte genade verwaarloos het, het gevolglik vreemd geraak vir belydenis. Die vraag is egter: wat is belydenis, hoe kom die kerk tot belydenis en wat is die gesag van belydenis? Hierop wil ons in die prediking fokus vanaand.