Die gereinigde gewete is ’n lamp van die Heilige Gees

  • Diens: 2011-01-30 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Spreuke 20:20-30
  • Teksvers: Spreuke 20:27

Preekskets

  • Waarom moet mense wat klaar vergewe is selfondersoek doen en sodoende herinner word aan hulle sondes?
  • Die gelowige wil heilig leef vanuit die regverdiging in Christus.
  • Daarvoor is die gewete onmisbaar.
  • Die gees van die mens is ’n lamp van die Here.
  • God het ons gemaak dat ons gees en sy Gees saam getuig.
  • In Christus herstel die Heilige Gees daardie verhouding.
  • Die gees en die gewete is onafskeidbaar aan mekaar verbind.
  • Die gewete word self net verlig deur die Woord en Gees.
  • Sodoende word ons binneste ook verlig om onsself te kan ondersoek.
  • Kinders van die lig behoort geen duisternis in hulle te hê nie!