Tabera – vuur van God tot redding

  • Diens: 2011-02-06 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Numeri 11:1-3 en Psalm 78:52-59
  • Teksvers: Numeri 11:1 en Psalm 78:58,59

Preekskets

Het jy al in die loop van ’n vuurwapen moes kyk? Dit is ’n skrikwekkende ervaring. As die vuurwapen weier om te vuur is daar verligting en blydskap.

Afvalligheid en ontrou aan die Here word vergelyk met onbetroubare wapens. So ’n wapen beantwoord nie aan sy doel nie. Ongehoorsaamheid en opstand teen God maak jou onbetroubaar! Strafwaardig.

Die volk kom in opstand teen God. Hulle verwyt hom oor hulle toestand en kla by Moses oor God. God verwoes  ’n deel van die kamp met vuur. Moses tree vir hulle in gebede in by God en die vuur gaan dood. God red deur vuur te stuur.

Die Here vertoorn Hom, word kwaad vir die sonde. Maar Hy is ook genadig teenoor die berouvolle sondaar. Hy straf, maar hy red ook. Hy het later sy eie Seun, Jesus Christus, gestuur en so sy liefde op volmaakte wyse geopenbaar.