Julle is lewende briewe van Christus

  • Diens: 2016-05-15 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Korinthiërs 3:1-12
  • Teksvers: 2 Korinthiërs 3:3

Preekskets

Handgeskrewe briewe, wat gestuur / gepos word, was vir baie eeue die belangrikste middel om te kommunikeer. Vandag word briewe per epos gestuur wat kommunikasie baie vinniger maak.

Paulus vergelyk die gemeente / gelowiges met 'n brief. Geskryf deur hulle diens, met die Gees op hulle harte. Die gemeente is 'n brief, 'n kommunikasiemiddel wat gelees word.

  • Skryfmateriaal. Nie papier en ink of kliptafels , wat verganklik is nie. In die harte van mense geskryf deur die Gees van God. Ewig.
  • Moses en Paulus (v10).
  • Inhoud van die brief is die verkondiging van Jesus Christus. Dit is die bediening van die vryspraak in Christus, wat alles verre weg oortref in heerlikheid.
  • Lesers. Alle mense in die wêreld. Mense lees jou. Jou lewe oral waar jy is, getuig van of teen Christus. Jou dankbaarheidslewe. Ons lewesboek is ook vir ons die bewys van ons geloof. (1 Joh.2:3,4.)
  • Ons lewens moet leesbaar wees vir die wêreld. Die wêreld moet Christus in ons lewens raaklees. (1 Joh.1:6.)

Ons kan dit net doen deur die Gees wat ons bekwaam maak . (2 Kor. 3:5,6.)

Leef die vryspraak in Christus uit, oral waar jy kom.