Christus se hemelvaart verseker ons van Sy wederkoms

  • Diens: 2016-05-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 110:1-7
  • Teksvers: Psalm 110:1

Preekskets

Hoe lyk ons toekoms? Is daar enige hoop op 'n toekoms vir ons in Suid-Afrika? Wat is die sin en betekenis van die tyd tussen Christus se hemelvaart en Sy wederkoms? Dus vir die tyd waarin ons leef. Om Psalm 110 se volle rykdom te verstaan moet ons in die Nuwe Testament gaan kyk. Die Psalm is een van die Psalms waarin Christus die heerlikste en duidelikste bely word (14 keer).

  • Vers 1 beskryf Christus se troonsbestyging. Christus self haal die vers aan in Mat. 22:44. Hy is die Hoof van die kerk deur Wie die Vader alles regeer. Hy besit die koninklike septer. Hy is in beheer en regeer ook oor Sy vyande. Die wêreld is die voetbank van Sy voete.
  • Hy is ons Voorspraak by die hemelse Vader. Hy het ons die Heilige Gees gegee as waarborg van ons burgerskap van die ewige lewe. Handelinge 2:33 en 34 haal Paulus uit Ps. 110 aan om die uitstorting van die Heilige Gees te beskryf.
  • Christus is ons ewige Priester. Vers 4. Heb. 7:17 en 21.

Ps. 110 is die vervulling van al Christus se beloftes aan ons. Daarom is ons toekoms nie onseker en vol vrees nie. Sy beloofde wederkoms is ons troos vir die toekoms. HK vraag 52. Leef in hierdie sekerheid oral waar jy elke dag is en waarmee jy besig is.