In Christus leef ons om vir die lewe te stry

  • Diens: 2015-03-01 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 8:38-50; HK Sondag 40
  • Teksvers: Johannes 8:44

Preekskets

Die eerste moord op aarde was nie Kaïn wat vir Abel doodgeslaan het nie. Die eerste en mees gruwelike moord op aarde, die mees geweldadige moord in die mensdom se geskiedenis vind daar by ‘n boom in die tuin. Die boom waarvan God gesê het: as julle van die boom eet sal julle sekerlik sterf. Die groot mensemoordenaar het dit goed geweet. Dis al hoe hy kon moor: deur die mens te laat eet van daardie boom. Om die mens met die leuen te verlei om God af te sterf. So het hy die mens geestelik vermoor. Christus se opstanding maak ons kinders van die lewe. Die gelowige dien nie meer die Mensemoordenaar nie, maar dien vir Christus – wat ons lewe is. In Sondag 40 van die Heidelberger bely ons hoe ons die ware lewe moet bevorder en Satan moet teëstaan in sy veldtog van massamoord. Ja, die sesde gebod beveel ons om stryders vir die lewe te wees en dienaars van Christus wat ons lewend gemaak het.