Moria en Golgota

  • Diens: 2014-08-31 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 22:1-18; Johannes 1:29-34
  • Teksvers: Genesis 22:7 en Johannes 1:29

Preekskets

Moria en Golgota is tweelingheuwels. Op albei het belangrike dinge gebeur, vaders wat hulle seuns moes offer. Op Moria moes Abraham sy seun, Isak, offer. Op Golgotha het God sy geliefde Seun vir ons sondes laat offer.

Daar is ooreenkomste tussen die gebeure op die twee heuwels, maar ook groot verskille.

  • Moria. Abraham noem die plek: die Here sal voorsien. En die Here het daar voorsien. Hy gee ‘n skaapram om in Isak se plek te offer. En hy ontvang Isak eintlik uit die dood terug. Hebreërs 11:9. God se beloftes aan hom van ‘n groot nageslag, gaan voort. Die verbond loop deur. So is Moria ‘n skaduwee van Golgota.
  • Golgota. Op Golgota het God voorsien. Nie net ‘n skaapram nie, maar die Lam. Johannes 1:29,36. Hyself is die offer. Nie net om een mens te red nie maar al Sy verbondskinders. Die uitverkorenes. Die prys is betaal vir ons sondes. Ons is rein gewas in Sy bloed.

God het in Christus se bloeiende offer aan die kruis, Sy hart van liefde aan ons bekendgemaak. Hy het ons liefgehad toe ons nog sondaars was. Sy Seun vir ons oorgelewer sonder enige verdienste van ons kant af.