Die Here luister as ek smeek

  • Diens: 2014-05-11 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 22:1-23,28-32
  • Teksvers: Psalm 22:2,3,6,19

Preekskets

Die Here luister as sy kinders tot Hom roep. Hy hoor as ons smeek in nood. Ja al lyk dit nie so nie.

Ps. 22 is 'n klaaglied van Dawid waarin hy die intense smart en lyding wat hy beleef, beskryf. In sy desperaatheid, pyn en angs hou hy aan om na God te roep. Hy weet dat ware hulp net van God af kom. (Ps3:9).

Hierdie Psalm word soms die “kruispsalm” genoem. In verse 1-19 kom momente van Jesus se lyding aan die kruis na vore. Veel intensiewer en erger as wat Dawid moes deurgaan.

  • Vers 2: “My God, my God, waarom het u verlaat?”
  • Vers 7: “Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag.”
  • Vers 8: “Almal wat my sien, spot met my.”
  • Vers 19: “Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel.”

Juis in die kruisiging van Sy Seun kom God se liefde en sorg vir Sy kinders in nood na vore. (Heb. 12:11.) Hy is van God verlaat, sodat ons nooit meer deur God verlaat sal word nie. As gelowige, Christen, word my kruis en swaarkry, my sonde, in Sy kruis opgelos. (Gal. 2:20.)