Christus was sy dissipels se voete

  • Diens: 2014-06-22 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 13:1-17
  • Teksvers: Johannes 13:17

Preekskets

'n Koning wat sy onderdane se voete was! Dit is mos ongehoord. Tog het ons Koning, Jesus Christus, dit gedoen. Daar is 'n baie dieper en ryker betekenis in die gebeure as bloot voete was.

Die deel wys op twee baie belangrike sake, naamlik:

  • Verse 6-11: wys heen na Christus se kruisdood.
  • Verse 12-17: Christus stel Homself as voorbeeld van nederigheid, naastediens en liefde. (Vers 15) Hy is nie net 'n navolgenswaardige voorbeeld nie, maar ook 'n navolgenseisende voorbeeld. In die voetwassing sien ons nie net liggaamlike reiniging met water nie, maar ook die geestelike reiniging deur die bloed van Christus. So weet ons dat die water by die doop heenwys na onns verlossing deur Christus se bloed.
  • Vers 17 is 'n oproep vir gelowiges tot naasteliefde gegrond in liefde tot God.