Christus bedek ons naaktheid met ‘n kleed van geregtigheid

  • Diens: 2014-06-22 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 19:17-42; Genesis 3:7,8,21
  • Teksvers: Johannes 19:23,24

Preekskets

Die groot kerkhervormer, Johannes Calvyn het in een van sy preke oor die omstandighede van Christus se geboorte gesê: Want ons gaan in Hom soek wat Hy vir ons gebring het, wetende dat Hy Homself wil uitklee om ons te beklee. Ja, hierdie Seuntjie wat in doeke toegedraai is wil Homself vir ons uittrek sodat ons aangetrek kan word, sodat ons geestelike kaalheid bedek kan word. Hy is gebore om te sterwe, om naak aan die Godverlate kruis te hang. Daarom is dit nie verniet dat die Skrif vir ons vertel dat die soldate Christus se klere onder mekaar verdeel het en oor sy mantel die lot gewerp het.

Elke gebeurtenis aan daardie kruis moes gebeur het, elke daad van mens en duiwel, hoe verskriklik ook al, het onder die beskikking van God gestaan. Daarom staan ons vanaand in besonder stil by die betekenis van Christus se naaktheid aan die kruis. Dat sy klere verdeel is en van Hom weggeneem is. Dat Hy ons bedek het met sy bloed, sodat ons nooit naak voor God sal staan nie.