Die Here se verbond met ons

  • Diens: 2013-05-19 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 15:1-21
  • Teksvers: Genesis 15:17,18

Preekskets

’n Wettige  kontrak tussen twee partye is bindend. Die ooreengekome verpligtinge en voorregte tussen die partye moet uitgevoer word. ’n Kontrak is dus ’n ooreenkoms, verdrag of verbond tussen twee of meer partye. Die ooreenkoms of kontrak wat die Here met Abram , die volk Israel en ons opgerig het, word Sy verbond met die mens genoem.

Die sluiting van die verbond met Abram word in hierdie hoofstuk beskryf. Verskillende diere word geslag en middeldeur gesny en die helftes teenoor mekaar gesit. Die bloed het daar tussen die helftes op die grond gelê. Die gebruik sê:

  • As een van die parte die ooreenkoms breek, sal met hom gebeur wat met die diere gebeur het.
  • Soos die twee helftes van elke offerdier by mekaar pas, so hoort die kontraksluiters by melkaar.

Die Here sluit aan by die bekende manier van kontraksluiting. God openbaar Hom as lig en rook, vuur en wolk. Die bedekte lig en vuur wys op God se genade. Hy beweeg alleen deur die vuur. Hy alleen staan in vir Sy verbond.

Die offer, die verbond gaan deur Christus aan die kruis, tot ons redding. So is God se liefde en genade vir ons bevestig en gewaarborg.