Christus is die helder Môrester

  • Diens: 2013-05-12 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jesaja 9:1-6; Matteus 2:1-12
  • Teksvers: Openbaring 2:28; 22:16

Preekskets

Die sterre en ander hemelliggame  het ’n groot aantrekkingskrag vir die mens. Trouens, deur die eeue heen is dit so. Ons lees reeds in die Ou Testament daarvan.

Die profeet Jesaja verwys al vooruit na Christus as ’n groot lig.  Die profeet Bileam, het al na Christus verwys met die woorde: “ ‘n Ster sal te voorskyn tree uit Jakob.” In die nag van Christus se geboorte was daar ’n ster wat die wyse manne na Bethlehem toe gelei het.
Christus word ’n ster genoem, en Hy noem homself die blink Môrester.

Wat beteken dit?

  • Die môrester kom op wanneer die nag aan die verbygaan is.
  • Die môrester skyn op sy helderste net voordat die dag breek.
  • Die môrester sê dat die nag amper verby is en die nuwe dag amper daar is.
  • Die môrester dien as ’n  gids, ’n vaste punt.
  • Die donker is besig om deur die lig vervang te word.

As Christus homself nou die Môrester noem gaan die profesieë van die Ou Testament in vervulling. Die hoogtepunt daarvan is, in Sy eie woorde: “ Ek is die lig vir die wêreld.”  Dan belowe Hy aan ons dat Hy vir ons die Môrester as beloning sal gee. Hy gee homself vir ons om ons te van die duisternis van die sonde.