Christus troos ons om hom met gespanne afwagting te verwag

Preekskets

Preekskets

  • Die ouer vertaling van die HK sê: ons sal Hom verwag met opgerigte hoof.
  • Vanuit die teksgedeelte lyk dit allermins soos ’n dag van troos.
  • Eerder van geweldige verskrikking en letterlike doodsangs.
  • Hier word ’n duidelike teenstelling geskets tussen gelowiges en ongelowiges.
  • Mense sal beswyk van vrees op die oordeelsdag.
  • Daarteenoor staan daar dat die gelowiges sal opstaan en opkyk!
  • Die ongelowiges verwag straf en ons verwag verlossing.
  • Waarom die teenstelling? Ons verwag vir Christus.
  • Wat Homself in ons plek in die regbank voor God geplaas het.
  • Daarom hoef ons nie bang te wees vir die wederkoms nie.
  • Daar moet eerder by ons ’n gespanne verwagting wees – ’n verlange!
  • Verwag jy die Here met gespanne afwagting?