Preekskets
Preekskets
- Die ouer vertaling van die HK sê: ons sal Hom verwag met opgerigte hoof.
- Vanuit die teksgedeelte lyk dit allermins soos ’n dag van troos.
- Eerder van geweldige verskrikking en letterlike doodsangs.
- Hier word ’n duidelike teenstelling geskets tussen gelowiges en ongelowiges.
- Mense sal beswyk van vrees op die oordeelsdag.
- Daarteenoor staan daar dat die gelowiges sal opstaan en opkyk!
- Die ongelowiges verwag straf en ons verwag verlossing.
- Waarom die teenstelling? Ons verwag vir Christus.
- Wat Homself in ons plek in die regbank voor God geplaas het.
- Daarom hoef ons nie bang te wees vir die wederkoms nie.
- Daar moet eerder by ons ’n gespanne verwagting wees – ’n verlange!
- Verwag jy die Here met gespanne afwagting?