Dien die ware God

  • Diens: 2012-09-09 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Handelinge 17:2,3,16-34; HK Sondag 34
  • Teksvers: Handelinge 17:24,25

Preekskets

Alle mense is godsdienstig, maar nie almal dien die ware God nie.

Die Griekse stad Athene, die hoofsetel van wetenskap en kuns, was vol afgodsdiens en afgodsbeelde. Terwyl Paulus in die stad is, gebruik hy die geleentheid om die ware God aan hulle te verkondig. Hy word uitgenooi na die Areopagus en hy gebruik die geleentheid om God aan die heidendom te verkondig. Hy preek nie aanvallend nie, maar gebruik ‘n aanknopingspunt wat by hulle bekend is (Vers 22).

“Hom” verkondig ek aan julle:

  • God is die Skepper van almal en alles.
  • Hy is die Here van almal en alles.
  • Hy woon nie in mense se bouwerke nie.
  • Hy sorg vir sy skepping.
  • Hy roep tot bekering.
  • Hy oordeel regverdig deur die opgestane Christus.

Wat is jou reaksie op Paulus se preek? Spot? Later? Glo? As jy werklik in die ware God glo, kom laat God jou geloof vanaand aan Sy tafel versterk.