Ons Here het ons vrygekoop om sy dienaars te wees

  • Diens: 2012-09-02 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Korinthiërs 7:17-31; HK Sondag 13
  • Teksvers: 1 Korinthiërs 7:23

Preekskets

  • Ons bely dat Jesus (Verlosser) Christus (Gesalfde) ook ons Here is.
  • In die teksgedeelte staan daar: ons is teen ’n prys gekoop.
  • Ons is weer terug by Sondag 1 van die HK.
  • Ons behoort aan Christus want Hy het ons in totaliteit met sy bloed gekoop.
  • Hy het vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos.
  • Daarom behoort ek aan Christus as my Here (Kurios).
  • Hy het alle slawebande gebreek daarom mag ons nie slawe wees van enige iets nie.
  • Waarvan is ons nie onbewustelik alles slawe nie, terwyl ons eintlik vry is?
  • Ons is duur gekoop, ons hoef niemand se slawe te wees nie!
  • Ons is duur gekoop, ons kan lewe soos die kerk van ons Here!