-
Diens:
2012-02-12 (Oggend)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
Hebreërs 11:1-6; HK Sondag 7
-
Teksvers:
Hebreërs 11:1
Preekskets
- Ons kan twee elemente in ons geloof onderskei – die inhoud en die sekerheid daarvan.
- Heb. 11:1 – geloof is die inhoud van ons hoop, ’n sekerheid van wat ons nie sien nie.
- Die Christelike hoop is gegrond op dit wat ons glo – die Skrif.
- Geloof berus op die eenheid van die Skrif – waardeur ek alles in die Bybel vir waar aanvaar!
- Hierdie kennis AANVAAR alles in die Woord as die waarheid.
- Dit is ’n verstandelike aktiwiteit, maar dis nie bloot verstandelik nie.
- Geloof is egter nie net die inhoud van ons hoop nie, dis ook sekerheid.
- Die Gees sorg dat die Woord ook vir my persoonlik waar is
- Daarom kan ek vertrou dat God se beloftes ook vir my waar is
- ‘n Ware geloof bely dus: nie net vir ander nie, maar ook vir my!
- God se Gees gebruik die Woord om die geloofsinhoud en die -sekerheid by ons te vestig
- Kennis en vertroue is soos asemhaal – die een kan nie sonder die ander.
- Bid dan dat God deur sy Gees en Woord die geloof by jou sal laat groei!