Geloof wat bloei

Preekskets

Waarom het jy kennis geneem van die Here Jesus?  Waarom weet jy dat God die wêreld so liefgehad het, dat Hy Sy Seun na die wêreld toe gestuur het?  Waarom glo jy dat Hy aarde toe gekom het en jou sonde-veroordeling in jou plek gedra het?  Waarom leef jy met die sekerheid dat in Christus jou band met God herstel is?  Waarom het die Heilige Gees hierdie kennis in jou hart geplaas en jou oortuig dat dit die diepste rede van jou bestaan tot in ewigheid is?  Ons glo dit o.a. omdat God wil dat die grootsheid van dit alles ons lewe vul, in beweging bring – ons geloofslewe oorvloedige spoed en krag gee.

 

’n Kind van die lewende God – wat die aller-kosbaarste geloof ontvang het (verse 1 & 4) – kan mos nie ’n lui en onvrugbaar geloofslewe hê nie (vers 8).  As hierdie geweldige dinge alles deel van ons lewe is, moet dit tog ’n groot invloed in ons lewens hê.  Die wete van die grootsheid van alles wat ons het bring ’n oorvloedige (vers 8) geloofslewe en godsvrug mee.  Die wat lui en onvrugbaar geraak het in hulle geloof, moet deur hierdie stroom saamgesleur word.  Onvrugbaarheid mag nie ’n remmende uitwerking op ons Godsvrug hê nie.  Daarom dat die Here ons deur Petrus oproep om alles in die stryd te werp om ons geloof te verryk (vers 5), sodat ’n oorvloedige geloofslewe wat groei en bloei ons lewens kenmerk – tot eer van God en tot hoop vir die wêreld.

                   3. Dit bloei na buite

          2. Dit groei in ons _/

1. Ons het dit _/