-
Diens:
2011-02-13 (Oggend)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
Genesis 9:1-17; NGB Artikel 33
-
Teksvers:
Genesis 9:12,13
Preekskets
- In die tyd van die Reformasie was daar groot verskille oor die sakramente.
- Ook onder die protestante.
- In God wat die reënboog gee kry ons die eerste heenwysing na die sakramente.
- God bevestig sy beloftes met ’n teken.
- Die Here gee ’n teken waardeur Hy Noag en sy nageslag se geloof in stand hou.
- Hierdie teken berus op die Woord.
- Dit staan nie los daarvan nie.
- Die sakramente is nog meer as dit! Dit beseël ook iets persoonlik aan ons.
- Die Gees werk persoonlik en werklik deur die sakramente in gelowiges.
- Ons word verseker dat ons deel is van God se volk – in Christus.
- Die Gees versterk so ons geloof om te bly volhard.
- Die sakramente is dus baie meer as blote simbole – dis genademiddels!