Beginsels en inpak

Preekskets

Onder Nebukadneser se leiding het Babel gegroei tot 'n magtige ryk. Hy het verskeie volkere aan hom onderwerp, waaronder ook Juda en Benjamin – die twee stamme van Israel wat nog oor was nadat die tien-stamme-ryk bykans ‘n eeu gelede reeds in ballingskap weggevoer was.

Een van Nebukadnesar se beheermeganismes oor volkere wat hy onderwerp het, was om die jong leiers van die volke wat hy oorwin het te identifiseer, en hul op te lei in die Babiloniese wyshede en idees. Wat hy nie geweet het nie, is dat die Here vier van die jongmanne uit Juda sou gebruik om sy lewe totaal te verander (Dan. 3&4).

Koning Nebukadnesar vind by hierdie jongmanne wat nie bang is om volgens die wil van God te leef nie, insig wat vir hom tienmaal meer werd is as die van sy raadgewers (Dan. 1:18-20). Hierdie jongmense hou by hul beginsels, dink selfstandig, word nie geïntimideer deur die mag van die Babiloniese ryk nie. Dit alles blyk al duidelik uit die voorneme wat hulle gehad het (Dan. 1:8):

Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie.