Ons diens aan die Here moet getuig van Sy heiligheid

  • Diens: 2015-08-02 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Samuel 5:10-7:1
  • Teksvers: 1 Samuel 6:19

Preekskets

Wat ‘n gebeurtenis moes dit nie gewees het toe die verbondsark van God aangekom het in Bet-Semes nie? Dit was ‘n klein dorpie. Stil en rustig. Plattelands. Meteens kom die vergestalting van God se heerlike regering in die klein dorpie aan. Die verbondsark waarvan die mense al so baie gehoor het, maar wat deur so min al gesien is. Dit was ‘n opspraakwekkende gebeurtenis in hierdie dorpie se bestaan gewees. Die hele was in rep en roer gewees. Die verbondsark van die lewende God is onder ons! ‘n Mens kan jou goed indink hoedat die mense saamgedrom het om die ark. Die hele dorpie se mense het saamgekom om die ark te sien. Daar was groot vreugde gewees dat die ark teruggekom het. Tog, op daardie vreugdevolle dag, dood die Here 70 mense net daar en dan. Waarom? Vanaand wil ons in die prediking op hierdie gebeure by Bet-Semes fokus.