God werk die geloof in ons harte deur die prediking wat ons hoor

  • Diens: 2015-05-31 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Prediker 4:17-5:6
  • Teksvers: Prediker 4:17 en Romeine 10:17

Preekskets

Die erediens is baie belangrik vir jou lewe. Dit is 'n ontmoeting met die lewende God. Deur die verkondiging van die Woord werk die Here die geloof in jou hart. Die prediking is God se wysheid waarmee Hy die geloof in jou tot stand bring. En die inhoud van die prediking is die verkondiging van Christus.

Elke keer as jy na die huis van die Here gaan moet jy:

  • Versigtig nader kom.
  • Luister.
  • Offer.

Jy moet jou voorberei om te kom luister. Jou ore is dus baie belangrik in die erediens (Romeine 10:17). Luister vra selfverloëning. In die erediens is ons nie gelyke gespreksgenote met God nie. Onthou, God is in die hemel en jy is op die aarde. Daarom moet ons woorde min wees. Hoor is die hoofsaak. Voor elke erediens moet jy bid: “Spreek Here, U dienskneg luister.”

In elke erediens moet jy die stem van die goeie Herder hoor. Die inhoud van die prediking is die verkondiging van Christus.