“Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe”

  • Diens: 2015-05-17 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Galasiërs 3:19-29
  • Teksvers: Galasiërs 3:24

Preekskets

Die wet was nooit gegee met die doel wat al die verskillende Meriete-godsdienste daarvoor wil gee nie. Die wet is gegee om die gelowiges te laat verlang na Christus, om hulle te bewaar tot Hy kom en om hulle geloofsoë op Hom alleen gerig te hou. Maar noudat Hy gekom het, is die wet vervul. Dit is absoluut onnodig vir ons om onsself nou onder die wet te plaas. Tog het die wet nie weggeval nie. Dit hou ons steeds op Christus gerig – maar nou met onbeskryflike dankbaarheid. Die Kategismus vra ons in vraag 59: Wat baat dit jou dat jy dit alles glo? Vanuit Galasiërs 3 kan ons met vreugde en dankbaarheid antwoord: Dat ek in Christus voor God geregverdig en ʼn erfgenaam van die ewige lewe is. Anders as al die ander godsdienste word ons nie regverdig deur ons dade nie, maar deur geloof. Ons goeie dade is sigbare dankbaarheid wat vanuit ons regverdige status in Christus voortvloei.