By ons is meer as by hom

  • Diens: 2015-02-22 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Kronieke 32
  • Teksvers: 2 Kronieke 32:1, 7, 8, 22 en 23

Preekskets

Slegte dinge gebeur dikwels met goeie mense. Dit bring groot worstelinge in mense se lewens. Hiskia was ‘n goeie koning. Hy het die booshede van sy pa, Agas, omgekeer deur al die afgodsdiens uit te roei.
Die gedeelte kan in drie dele verdeel word:
Verse 1-8: Hiskia se reaksie op die inval van Sanherib. “By ons is meer as by
hom.” By ons is die Here ons God.
Verse 9-19: Sanherib laster die Naam van die Here. “Julle God sal julle ook nie
red uit my mag nie.”
Verse 20-22: Hiskia en die profeet Jesaja bid en roep na die hemel. Die Here red “en het Sy volk aan alle kante beskerm.”
Teëspoed bring Hiskia en die volk nader na die Here toe. Die Here leer dat daar sin in lyding is. Die Here red volkome deur die lyding van Sy Seun aan die kruis. Daardeur het Hy nie net die Assiriërs nie, maar die Satan, die sonde en die dood vir ons oorwin. Die menslik onmoontlike, het God in Christus moontlik gemaak deur ons die ewige lewe te skenk. Deur die werk van die Heilige Gees het ons deel aan die weldade van Christus.