Die Here vertroos Sy kinders ook tasbaar

  • Diens: 2014-10-19 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Sagaria 10:1-12
  • Teksvers: Sagaria 10:2

Preekskets

Mense word dikwels getroos deur dinge wat hulle besit en wat hulle bereik het. Ek het darem ‘n vol lewe gehad. Ek ek het darem my vrou en kinders lief gehad. Ek het darem ’n verskil gemaak. Miskien het darem iets vir ander mense beteken. Sonder die HERE dit alles leeg. Sonder Hom is dit afgodery. In hierdie lewe help lyk dit of die afgode dalk ’n bietjie help, maar eintlik is dit leeg, voor sy troon eendag sal dit my niks baat nie. Die troos van die afgode en van hierdie wêreld is soos wind sê Sagaria.

God se troos is egter nooit leeg nie, sy troos is nooit wind nie. Ons kan sê dat God se troos tasbaar is. Tasbaar in die geloof. Daarom stuur Hy die Groot Trooster. Die Heilige Gees wat ons troos met God se beloftes. Die Heilige Gees troos ons om aan Jesus Christus vas te hou. Om te bly glo as ek aan die einde van my kragte is. Dat ek in lewe en in sterwe, met liggaam en met siel nie aan myself behoort nie. Aan die nagmaalstafel troos Hy ons op die mees tasbare manier denkbaar. Dat ons deel het aan Jesus Christus – vir nou en vir ewig!