God luister na die stem van sy kinders

Preekskets

Het jy ook al so alleen gevoel daar in jou koshuiskamer? Selfs tussen ‘n massa mense kan ons alleen, verlate, verstote voel. En tog kom die evangelie vir God se kinders: Hy wéét waar jy is en hoe jy voel en Hy sal jou nooit los nie... dit was al sy belofte (verbond) van die begin af, deur die heilige Doop aan jou te be-teken. Wat beteken jou Doop vir jou nou dat jy groot is? Wat beteken dit vir jou en jou nageslag?