Die Here voed jou

  • Diens: 2014-06-01 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Markus 6:34-44
  • Teksvers: Markus 6:44

Preekskets

Honger is verskriklik. Dit kan tot die dood lei. Dit is 'n verskriklike dood (Klaagliedere 4:9). Honger maak jou kragteloos (Jesaja 44:12). Honger is in die Bybel ook die beeld van geestelike honger (Jesaja 55:1). Honger is ten diepste geestelike honger en lewensnood.

Markus beskryf hoe Christus voorsien het in die liggaamlike en geestelike nood van die skare van duisende (HK Son 45, vraag 118).

  • Hy het hulle uitvoerig begin leer (vers 34).
  • Hy gee opdrag om die skare te orden (vers 39). Hulle moes Christus in Sy heerlikheid sien.
  • Hy bid en vra die seën (vers 41).
  • Hy doen 'n voedingswonder (verse 42 en 43). Hierdie wonder wys vooruit na dié voedingswonder. Christus gee Sy liggaam en bloed om ons los te koop van die verderf en die ewige lewe te gee. Wie van Hom, die Brood van die lewe, eet sal nooit weer honger kry nie.