In Christus vernuwe God die hele skepping

  • Diens: 2014-01-19 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 21:1-8; Handelinge 3:19-21
  • Teksvers: Openbaring 21:5

Preekskets

Waarom moet ons werk? Waarom moet ons studeer om eendag 'n beroep te beoefen? Die ongelowiges verstaan nie wat dit beteken om te werk nie. Hulle verstaan ook nie wat ware rus beteken nie. Kyk maar hoe maal hulle rond op die dag van die Here. Hulle kan nooit tot ruste kom nie. Hoe tragies is dit nie wanneer gelowiges dieselfde doen, dat hulle nie meer verstaan wat dit beteken dat die Here vir sy kinders rus gee nie.

Wanneer jy reg bely wat God se rus is kan jy ook reg bely waarom jy moet werk. 'n Mens het rus nodig omdat jy werk en 'n mens kan werk omdat God jou rus gee. So is werk en rus beide genade uit God se hand uit. Werk en rus loop hand aan hand. Vanuit ons teksgedeelte word die betekenis van ons werk en rus in sy volste betekenis uitgelig. Daarna gaan ons in die prediking kyk.