God sorg vir Sy volk in die donker dae

  • Diens: 2013-09-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Eksodus 1:1-22
  • Teksvers: Eksodus 1:1,17,20

Preekskets

Alles en almal is in God se diens.
Vir ons wat glo, is dit ‘n baie groot troos om te weet dat die Here altyd in beheer van Sy skepping, van ons lewens is. Al is ons omstandighede hoe benard, daar is altyd ‘n uitweg. Presies dit is wat die woord Eksodus beteken: uittog/uitweg. In die geskiedenis van die Here se volk sien ons elke keer weer hoe Hy ‘n pad uit gee.

  • Slegs 70 van Jakob se familie kom saam met hom in Egipte aan.
  • Hulle was vrugbaar, vermeerder en word baie sodat die land vol van hulle geword het.
  • Hulle getalle word die direkte oorsaak van hulle verdrukking. Die nuwe koning (Farao) besef dat die Israeliete meer word as hulle. Hy laat hulle slawearbeid verrig. (Verse 11,13.) Selfs die seuns moes by geboorte vermoor word.
  • God verhoed dit deur gelowige vroedvroue te voorsien. Hy seën vir Sifra en Pua.

Farao en Herodes het dieselfde plan. Vermoor die seuntjies. Farao kon dit nie regkry nie. Herodes kon nie verhoed dat Christus  Sy werk op aarde kom doen nie. Die Heer se raad word nooit gekeer nie. Sy verlossingsplan in Christus, vir ons, kon en kan niemand keer nie. Ons lewens is vir tyd en ewigheid in God se versorgende hande deur die werk van Christus.
Alles en almal is in God se diens.