“Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was”

  • Diens: 2013-08-25 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Filippense 1:27-2:11
  • Teksvers: Filippense 2:5

Preekskets

In ons gemeenskap met Christus kry ons ook deel aan Sy skatte en gawes. In Fil. 2:1 kry ons die vaste sekerheid dat daar vir ons:

  • troos in Christus,
  • vertroosting in die liefde van die Vader,
  • gemeenskap in die Heilige Gees,
  • en die ontferming van die Drie-enige God is.

Vanuit ons gemeenskap met Christus, vloei ons gemeenskap met mekaar. Hierdie gemeenskap is gewortel in ons eensgesindheid. Dit is nie 'n oppervlakkige eensgesindheid nie, maar ons gesindheid is ten diepste een.

Ons eensgesindheid gaan sigbaar word in ons lewens en ons dryf tot 'n:

  • Nederige en
  • Diensbare gesindheid teenoor mekaar.

Hoekom is hierdie eensgesindheid so kragtig? Hoekom moet juis hierdie gesindheid onder ons almal wees? Ons is een in gesindheid, want ons is een in die gesindheid van ons Here Jesus Christus self!