Die kern van die evangelie is dat Christus opgestaan het uit die dood

  • Diens: 2013-08-18 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Korinthiërs 15:3,4,50-58
  • Teksvers: 1 Korinthiërs 15:54-57

Preekskets

Wat is die belangrikste boodskap van die Evangelie? Die kerninhoud van die evangelie wat Paulus van die Here ontvang en verkondig het, is dat Christus gesterf het begrawe is en opgestaan het uit die dood. Dit is die getuienis van die Skrifte, die Bybel, wat ons vandag nog het.

Wat beteken dit vandag vir ons?

  • Die dood is dood. Met sy dood en opstanding het Christus die dood oorwin. Twee tekste uit die profete wys al vooruit na die werk van Christus. Hy het die angel, die skerp punt, van die dood weggeneem. Daarmee het Hy ons losgekoop van die sonde.
  • Ons is dood vir die sonde. Ons is opgewek tot 'n nuwe lewe (Vers 58).
  • Christus se dood is vir ons 'n waarborg van die ewige lewe. Ons sal ook salig opstaan (Vers 57).