God gee krag om swaarmoedigheid te hanteer

  • Diens: 2013-04-21 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 2 Timoteus 1:10, 16-18; 4:9-18
  • Teksvers: 2 Timoteus 1:18 en 4:18

Preekskets

Swaarmoedigheid, bedruktheid en moedeloosheid kom soms by ons almal voor. Dit kan egter hand uit ruk en jou lewe ernstig beïnvloed. Die oorsaak daarvan kan dikwels teruggeneem word na my verhouding met God en my naaste. Dit maak my gemoed swaar.

Swaarmoedigheid kan verander word deur jou denke en gevoelens te verander. Romeine 12:2: "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe." (1933 vertaling: "word verander deur die vernuwing van julle gemoed..". God alleen bied die oplossing. Hy gebruik die gemeente ook daarin.

  • Wees besorg oor mekaar. God het jou so lief dat Hy sy Seun gestuur het.
  • Aanvaar mekaar. Christus aanvaar soos jy is.
  • Wees bereid om te dien. Christus lê sy lewe vir jou af.

Filippense 2:19: "Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor het hoe dit met julle gaan"

Esegiël 3:14: "Die Gees het my opgetel en my weggevat, en ek is daar weg, swaarmoedig en ontsteld. Die mag van die Here het my op 'n harde manier in besit geneem."