Christus salf ons as konings om Sy Koninkryk te laat kom

  • Diens: 2013-04-21 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 101:1-8
  • Teksvers: Psalm 101:2

Preekskets

Wanneer ‘n mens Psalm 101 van naderby beskou sien 'n mens 'n digterlike struktuur wat jy in geen ander psalm aantref nie. Die struktuur fokus die aandag op die koning wat die kwaad uitroei en wat homself nooit met die nietigheid wil besig hou nie.

  • Die koning wil eerstens sing van God se geregtigeheid en sy verbondstrou.
  • Daarom wil hy daarop fokus om volkome voor God te lewe
  • Hy wil daarmee begin in sy huis
  • Dan wil hy dit uitbrei na die hele land
  • Die getroues wat opreg lewe kan voor hom bestaan
  • So sal die stad van God heilig gehou word

Die koning wil dink oor die geregtigheid en trou van God en daarom duld hy nie die kwaad en nietigheid voor Hom nie.

Hierdie Psalm vind sy vervulling in die Christus wat sou kom. Dis Hy wat alles wat in hierdie Psalm staan volkome uitgevoer het sodat ons deel kan hê aan sy salwing.

Wie deel het aan sy salwing dink aan die geregtigheid en trou van God. So persoon haat die kwaad, bestry dit, hou homself nie besig met die nietigheid van die sonde nie. Dis hoe Christus ons nou gemaak het deur sy Gees. Dis wie ons is – mense wat die kwaad nie kan verdra nie!

Wie gesalf is met die Gees leef koninklik. Ons hou ons nie op met die nietigheid van die sonde nie, trouens ons roei dit uit.