Die Heilige Gees — ons Vader se beste gawe in Christus

  • Diens: 2013-04-28 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Lukas 11:5-13; Efesiërs 5:18
  • Teksvers: Lukas 11:13

Preekskets

  • Die teksgedeelte begin oor die belang van gebedsvolharding.
  • God sal die aanhoudende gebed van ’n gelowige verhoor!
  • Die vraag is egter – mag ons vir alles vra?
  • Die Vader sal altyd die Heilige Gees gee aan die wat Hom vra.
  • Is die Gees dan nie reeds in ons nie? Hoekom nog vra vir die Heilige Gees?
  • Die Gees is aan my gegee om my:
    • Te laat deel aan Christus se weldade
    • My te troos
    • Ewig by my te bly
  • Die Heilige Gees is ’n persoon wat my laat groei, toeneem en verdiep in geloof.
  • Daarom is hierdie gebed om die Gees ’n gebed om onder sy heerskappy en invloed te groei in my lewe.
  • Die Gees se werk in ons is dinamies en kragtig elke dag.
  • Daarom moet ons aanhoudend bid om die leiding en vervulling met die Gees.