Leef naby God

  • Diens: 2013-02-17 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 5:1-32, Romeine 8:31-39 en Judas 10,14-16
  • Teksvers: Genesis 5:24

Preekskets

Doodsberigte is altyd skokkend. Of dit nou ‘n onverwagse of skielike dood is en selfs as dit na ‘n lang siekbed gebeur. Tog is die dood die weg van alle vlees. Almal, ook ons, gaan een of ander tyd sterwe, tensy die wederkoms van Christus plaasvind terwyl ons nog leef.

In Genesis 5 hoor ons die doodsklok voortdurend lui. Soos ‘n refrein klink dit: “..toe hy gesterf het.” Vir eeue ruik mens die dood in hierdie hoofstuk. Ons kan die hoofstuk die oorwinningslied van die dood noem. Maar ... vir ‘n oomblik word hierdie troostelose refrein onderbreek . Henog het nie gesterf nie. Hoekom nie? Hy het naby God geleef. En God het hom na Hom toe weggeneem!

Judas sê dat Henog ‘n profeet was wat die mense gewaarsku het teen hulle sonde en die oordeel van God aangekondig het.
Hebreërs 11:7. Henog het God behaag. Henog wys vooruit na Christus. Christus het wel gesterf, maar Hy het die dood oorwin. Christus sê dat wie in Hom glo, die ewige lewe het.

Die dood is dood. Nou sing ons die oorwinningslied dat niks en niemand ons van God se liefde in Christus kan skei nie. Selfs nie eers die dood nie.