Aangesien die Here Jesus godverlate was sal God nooit Sy aangesig van ons wegdraai nie

  • Diens: 2013-02-10 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Korintiërs 15:1-28; HK Sondag 17
  • Teksvers: 1 Korintiërs 15:16,17

Preekskets

Wat maak dit nou saak of Christus werklik opgestaan het of nie? Is die belangrikste nie dat Hy eintlik vir ons opgestaan het in ons harte nie? Waarom moet iets werklik gebeur sodat ek dit kan glo? Gaan geloof dan nie juis oor dit wat onwerklik en onseker is nie? Sulke uitlatings is geensins vreemd uit sg. Christenmonde nie. Die opstanding van Christus is deur die eeue bevraagteken, selfs al in die tyd van die Korintiërs. In die prediking wil ons op drie gedagtes fokus:

  • Christus se opstanding was ’n waarneembare werklikheid
  • Ons opstanding saam met Christus is ’n geloofswerklikheid
  • Ons liggaamlike opstanding sal 'n waarneembare werklikheid wees

Daarom: Vanuit sy opstandingskrag word sy oorwinning oor die sonde en dood ook vir ons 'n geloofsWERKLIKHEID. ’n GeloofsWERKLIKHEID waarvanuit ons kan lewe. Ek leef nie meer as 'n dooie nie, maar as 'n lewende, opgewek deur die Gees saam met Christus in 'n nuwe lewe. Sy graf is WERKLIK leeg en daarom sal my graf eendag ook WERKLIK leeg wees!