Die Seun van God het vlees en bloed aangeneem om die skepping te verlos van die verganklikheid

  • Diens: 2012-10-28 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Korinthiërs 15:35-50; HK Sondag 14
  • Teksvers: 1 Korinthiërs 15:45,47

Preekskets

God het nie ‘n paar oppervlakkige en kosmetiese veranderinge aangebring nie. Hy het in die wortel van die verganklikheid ingegryp en ‘n nuwe mensheid daargestel met Christus as hulle Hoof. Daarvoor moes die Seun van God die verskriklike lyding deurmaak om uit ‘n maagd gebore te word in die verganklikheid. Daar begin sy lyding al. As hy nie uit ‘n maagd gebore was in hierdie wêreld nie, dan kon die Seun nie in ons plek ly nie. Om die mensheid te verlos moes die Woord self kom herskep deur vlees en bloed te word.

Die maagdelike geboorte is dus die belydenis van Christus se twee nature. Daarom lê daar ook iets ontsagliks heerliks in die maagdelike geboorte. Christus se koms is die eerste teken van God se nuutmaking van alles. Dis die eerste teken van wedergeboorte. Hy is die eerste mens wat sedert Adam lewend gebore is, sonder sonde en die skuld van die sonde. Sy geboorte is die begin van ‘n heel nuwe era. In Hom begin alles van voor af, van nuuts af. Hy is die Eersteling van die nuwe skepping!