God kan kerke se deure toemaak

Preekskets

Die kerk/gemeente is die liggaam van Christus! Daarom kan ons nie sê dat ons God liefhet en dan is ons gemeente nie vir ons belangrik nie. Ons kan nie kerk speel nie.

Maleagi beteken boodskapper. Hy preek vir gelowige mense en ontleed hulle godsdiens. (Verse 6-13.) Dan sê die Here vir hulle: As dit is hoe julle my wil die, dan wil ek julle diens nie hê nie. Julle wil die minimum gee. God vra die maksimum. ‘n Lewe in Sy diens. Matteus 22. Die waarskuwing aan die volk is dat dit beter sou wees as die kerkdeure van Israel toe sou wees, as dat hulle voortgaan met halfhartige godsdiens.

God het ons tot die volle maat lief. Hy het Sy Seun ten volle gegee om vir ons te sterf, sodat ons kan lewe. Daarom moet ons Hom, deur die krag van die Heilige Gees, tot die volle maat dien.