Deel van die voltooiing van ons verlossing is die erkenning van ons onskuld

Preekskets

  • Daar is net een rede waarom die oordeelsdag nie angswekkend sal wees nie
  • Wanneer jy onskuldig is!
  • In Joël lees ons dat die Here sy volk onskuldig sal verklaar en ewig by hulle sal bly
  • Onskuldig verklaar beteken jy het nie sonde nie – hoe is dit moontlik?
  • Die Bybel noem dit regverdiging/regverdigmaking
  • Asof ons nooit sonde gehad of gedoen het nie
  • Daarom gaan die kerk die oordeelsdag tegemoet as onskuldiges
  • Dis deel van die voltooiing van ons verlossing
  • Die verloop van die dag van die Here kortliks saamgevat
  • Ons toekomsverwagting bepaal die hede.
  • Lewe jy soos iemand wat onskuldig verklaar is?