Die ampsdraers hou wag oor ons lewens

  • Diens: 2010-10-17 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Tessalonisense 5:12-22 en Hebreërs 13:7-19; NGB Artikel 31
  • Teksvers: 1 Tessalonisense 5:12,13 en Hebreërs 13:17

Preekskets

Ons kry die woord amp nêrens in die Bybel nie, wel die woord diens.
Waarom praat ons dan van die woord amp?
Dis nie ’n posisie nie, maar dis ’n diens waarin God mense plaas en roep.
Die ampte van die NT is ’n vervulling van die ampte in die OT.
Beide teksgedeeltes roep die gemeente op om die ampsdraers te erken.
Want hulle is onder die gemeente gestel.
Bewys hulle daarom die hoogste agting ter wille van hulle werk.
Hulle werk is die werk van Christus.
Geen ampsdraer het gesag nie, hy bedien gesag – die gesag van Christus.
Daarom kan ’n ampsdraer nooit sy werk doen sonder die Woord nie.
Erken diegene wat onder ons werk, sodoende erken ons vir Christus!