God ken jou bekommernisse

  • Diens: 2010-10-10 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matteus 6:25-34
  • Teksvers: Matteus 6:30 en Spreuke 12:25

Preekskets

Christus sê: Moet julle nie bekommer oor:

  • Julle lewe
  • Kos en klere

Hoekom nie? Kyk na God se sorg in die natuur. Sy sorg vir die voëls, die veldlelies en die gras van die veld.

Die versekering: As God se sorg in die natuur so sigbaar is, hoeveel te meer nie vir ons nie. Hy weet tog wat ons alles nodig het. Veel meer as aardse en liggaamlike nood. Hy gee Sy Seun Jesus Christus ook vir ons geestelike nood. Hy gee vreugde in plaas van kommer. Hy gee ʼn fees in plaas van ʼn begrafnis. Hy gee die Nagmaal vir jou.

Die opdrag: Leef vir God se koninkryk en hou op om jou te bekommer. God se Gees gee jou die krag om dit te kan doen.