God beskik oor jou lewe

Preekskets

God is in beheer van sy skepping. Tot in die fynste besonderhede. Ook van jou lewe. (Kat Sondag 10).

Mefiboset, seun van Jonatan en kleinseun van  koning Saul, was geberklik as gevolg van ʼn ongeluk. Hy was uit die koninklike geslag. Tog het dit vir hom geen voordeel ingehou nie. Hy sou nie koning word nie. Inteendeel hy sou moes vlug vir sy lewe. Hy was bang. ʼn Tragiese figuur.

Tog is daar vir Mefiboset genade. (Vers 1). Ter wille van sy pa, Jonatan. Mefiboset se vrees verander in vreugde. Die mens wik maar God beskik!

So lief het God die wêreld dat Hy Christus gestuur het vir ons sondes. Genade en redding vir ons, gebreklikes as gevolg van ons sondes. Ons verdien die dood, maar kry die lewe ter wille van Christus.  Vrees verander in vreugde.

Dit gaan jy vanaand herdenk wanneer jy nagmaal gebruik.