God vergeet nie die mossies nie

Preekskets

  • God sorg vir die mossies. Selfs die kleinste deel van God se skepping is vir Hom belangrik (lees Ps. 84:4).
  • Hy is die almagtige. Hy het die mag om na die dood, in die hel te werp. Mense kan jou liggaam doodmaak, maar God kan liggaam en siel doodmaak.
  • Selfs die hare op jou kop is almal getel. So intensief is God se kennis van jou en sy sorg vir jou. Jy hoef vir niks bang te wees nie. Jy is meer werd as baie mossies.
  • Vir ons wat glo, is die hoogtepunt van sy sorg dat Hy Jesus Christus na die wêreld gestuur het.
  • Ons word nie in die hel gegooi nie, maar uit die hel geruk.
  • Ons word alleen gered deur die versoeningswerk van Christus.