God gee aan ons nuwe harte

  • Diens: 2015-05-10 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Esegiël 36:19-32
  • Teksvers: Esegiël 36:21,26,27

Preekskets

'n Fisiese hartoorplanting is 'n ingrypende operasie. 'n Mens kan nie sonder 'n hart lewe nie. Liggaamlik is dit nie moontlik nie. Die hart is die sentrum van die lewe. Nie net fisies nie, maar ook geestelik.

Die Here sê hier deur die profeet dat Hy die volk 'n nuwe hart sal gee in die plek van die ou hart. Dat Hy die volk tot inkeer sal bring om hulle te bekeer van hulle sondes. Dus 'n “geestelike” hartoorplanting.

  • Die goddelike diagnose. 'n Siek hart van klip.
  • Die enigste oplossing. 'n Nuwe hart.
  • Die beste Dokter.
  • Genesing en redding. Christus woon deur die geloof in ons harte (Ef. 4:7).

Die hele beeld wys vooruit na die redding wat in en deur die werk van Christus 'n hoogtepunt bereik het. En die Heilige Gees om ons op die pad van heiligmaking (herstel) te lei.