Die Here sorg dat ons Hom nie vergeet nie

  • Diens: 2014-05-18 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 111:1-10
  • Teksvers: Psalm 111:4,5

Preekskets

Psalm 111 is die lofsang oor God se werke. Wanneer ’n mens die psalm verder lees word dit duidelik dat hierdie dade waarvan daar sprake is met die volk se uit- en intog te make het. In die Bybel staan daar:

  • Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis (monument) gemaak (vers 4a).
  • Die Here is barmhartig en genadig (vers 4b).
  • Hy het dié wat Hom vrees voedsel gegee (vers 5a).
  • Hy dink vir ewig aan sy verbond (vers 5b).

God het dus gesorg dat hulle sy magtige dade nie vergeet nie (1983 vert.), WANT Hy is barmhartig en genadig (vers 4b). Hoe het Hy dit gedoen? Deur ’n gedagtenis te stig (vers 4a) met:

  • Al sy werke by die uit- en intog.
  • Die openbaring by Sinai.

Die Pasga waardeur hulle die uittog moes deurdink en onthou.

So het God sy reddingswerk geopenbaar en gesorg dat die volk dit nooit sal vergeet nie, WANT Hy dink vir ewig aan sy verbond (vers 5b):

  • God vergeet nooit, al vergeet ons soms.
  • Hy dink aan ons, al dink ons soms nie aan sy werk nie.

Hy sorg dat ons Hom nie sal vergeet nie, maar Hom sal vrees.

Aan die nagmaaltafel tree Christus in gemeenskap met sy volk deur sy Gees en sorg:

  • Dat hulle sal onthou dat Hy aan hulle dink.
  • Dat hulle opnuut weer aan sy verlossingswerk sal dink.
  • Dat hulle Hom sal vrees.

Dat hulle Hom sal loof!