Jesus is die lewende water

  • Diens: 2014-04-13 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 7:1-14,37-53
  • Teksvers: Johannes 7:7,37-39

Preekskets

Water gee lewe. Sonder water sterf mens en dier en plant. Sonder water is daar geen lewe nie.

  • Tydens die huttefees leer Christus die feesgangers dat Hy die eintlike inhoud van die fees is. Die huttefees was 'n fees van die waters. Deur die hele geskiedenis van die Here se volk, het Hy dikwels hulle met waterwonders versorg. Self deur die woestyn.
  • By die huttefees herdenk die volk die letterlike watervoorsiening. Christus wys dan die dieper betekenis van die fees. Die geestelike watervoorsiening. Hy is die lewende water.
  • Paasfees wys na die Nagmaal en die huttefees na die Doop.
  • Wat gebeur as jy die geestelike water drink? Strome lewende water vloei uit jou. Jy word water. En jy sal nooit weer dors kry nie.
  • Die reaksie van die mense? Party glo en ander wou hom gevange neem.