God red ons deur Christus van ons ellende

  • Diens: 2014-02-23 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matteus 19:16-30 en 22:34-40
  • Teksvers: Matteus 19:28-29 en 22:37; HK Sondag 2

Preekskets

Ons sonde en ellende is baie groot. Ons is ellendig.

Wat is ellende? Om uitlandig te wees. Om buite grense te beweeg. In die HK leer ons dat ons ellende ken uit die Wet van God. In Matt 19 antwoord Christus die ryk jongman, op sy vraag na die ewige lewe, met 'n verwysing na die tien gebooie.

Christus trek nie 'n streep deur die tien gebooie nie. Hy kom om dit te vervul. So kry die wet sy volle betekenis in die liefdesgebod van Matt. 22. Hy lê Sy lewe af vir die skape. Dit is ware liefde. Nie die liefde wat ons vir God het nie maar Sy liefde vir ons in Christus. Hy het my op ‘n volmaakte manier lief. So lief dat Hy met Sy liggaam en bloed my gekoop het.