Christus se eerste wonderteken — op ‘n troue

  • Diens: 2014-02-09 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 2:1-12
  • Teksvers: Johannes 2:5,11

Preekskets

Die huwelik is deur God self ingestel as 'n heilige, lewenslange verbintenis tussen 'n man en 'n vrou. Die geheim van die huwelik is ook dat dit 'n afbeelding is van die verhouding van Christus (die Bruidegom) en die gemeente (die bruid) is. Die bruid sal eendag aansit aan die bruilofsmaal van die Lam.

Christus doen nou sy eerste wonderteken op aarde juis op 'n huweliksonthaal/bruilofsmaal. Hy eer die huwelik so hoog deur sy teenwoordigheid en wonderteken op die bruilof in Kana. Die Koninkryk van God word ook in die Bybel soms voorgestel as 'n huweliksfees. (Mat. 22:2 en 25:1, Mar. 2:19, Op. 19:9)

Belangrike punte in hierdie gebeure is:

  • Jesus se gesprek met sy moeder.
  • Die verleentheid van die bruidegom.
  • Die reinigingsgebruike.
  • Water verander in wyn.

Al die punte wys simbolies vooruit na Jesus Christus se versoeningswerk vir ons. Dit is tekens met 'n dieper betekenis. Hoe duidelik sien ons nie water van die Doop en die wyn van die Nagmaal nie? Simbole van Christus se bloed, wat ons reinig van al ons sondes.

Hierdeur is Sy heerlikheid bekendgemaak.