Christus is die een wat dien

  • Diens: 2013-10-20 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Lukas 9:46-48 en 22:24-30
  • Teksvers: Lukas 22:27

Preekskets

God het jou uniek gemaak! Daar was nie, is nie en sal nooit nog een soos jy in die hele wêreld wees nie. Daarom moet jy wees wie die Here jou gemaak het. Jy is nie minder of meer belangrik as ander mense nie. Tog is daar voortdurend mense wat hulself gering ag en baie wat hulle oorskat.

Selfs die dissipels worstel en maak rusie oor die vraag wie van hulle as die belangrikste beskou moes word.

Christus leer:

  • Wees die belangrikste deur die minste te wees.
  • Heers deur te dien.
  • Lei deur te volg.
  • Ontvang deur te gee.
  • Lewe deur te sterwe.
  • Ék is onder julle die een wat dien.

Hy is die Goeie Herder wat sy lewe vir die skape aflê.

Ons lewe deur Sy sterwe.